Oossee

Oossee

Nasa-Satellietbeeld van die Oossee

Kaart van die Oossee
Koördinate:58°N 20°O / 58°N 20°O / 58; 20Koördinate: 58°N 20°O / 58°N 20°O / 58; 20
Ligging:Denemarke, Duitsland, Estland, Finland, Letland, Litaue, Pole, Rusland, Swede
Soort:See van die Atlantiese Oseaan
Oppervlakte:377 000 km² (146 000 myl²)
Gemiddelde diepte:55 m (180 vt)
Maksimum diepte:459 m (1 506 vt)
Volume:21 700 km³
Lengte:1 601 km (995 myl)
Breedte:193 km (120 myl)
Opvangsgebied:1 641 650 km² (633 840 myl²)
Omtrek:8 000 km (5 000 myl)
Invloei:Daugava, Nemunas, Newarivier, Oder, Vistula
Uitvloei:Noordsee
Eiland/e:Åland, Gotland, Hiiumaa, Öland, Rügen, Saaremaa
Nedersettings:Kopenhagen, Gdansk, Gdynia, Helsinki, Kaliningrad, Kiel, Klaipėda, Lübeck, Riga, Rostock, Sint Petersburg, Stockholm, Tallinn, Turku
Ligging van die Oossee
Die Oossee (Baltiese See)
Die Oossee in Darłowo, Pole
Wintertyd: Die bevrore Oossee naby Wismar, Duitsland

Die Oossee (ook bekend as die Baltiese See, afgelei van Latyns Mare Balticum) is ’n see wat deel vorm van die Atlantiese Oseaan en omring word deur Denemarke, Swede, die Baltiese lande, Pole,[1] asook Duitsland, Finland en Rusland. Dit is 'n binnesee in Noordoos-Europa met 'n wateroppervlakte van 413 000 vierkante kilometer, 'n maksimum diepte van 459 meter tussen die Sweedse vasteland en die eiland Gotland en 'n waterinhoud van sowat 21 600 kubieke kilometer.[2] Dit is die wêreld se grootste brakwatersee. Die Oosseegebied word – afhangende van die geografiese definisie van die gebied – deur tussen 50 en 85 miljoen mense bewoon.[3]

Van oudsher was die Oosseegebied een van die gewildste vestigingsebiede in Europa. Wikings en die Duitse Hanseverbond het al vroeg seeroetes en handelshawens hier ontwikkel wat Noord-Europeërs eeue lank met mekaar verbind het. Baksteengotiese geboue in kusstede getuig nog steeds van die groot rykdomme wat destyds deur koopmanne versamel is.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "WWF Duitsland: Steckbrief Ostsee". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2010. Besoek op 7 Maart 2010.
  3. ""Hamburg und der Ostseeraum", 25 Februarie 2010". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2008. Besoek op 6 Maart 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search